Ons het ‘n paar weke terug in ’n
Lewensoriëntering klas, net soos Abby Wills se klas, ‘n “mindfulness” oefening
gedoen. Die spesifieke oefening was nie vir fokus en konsentrasie doeleindes
nie, maar meer vir die ontdekking van ons eie drome en ideale. Dit was een van
die verrykkenste ervaring van my lewe, aangesien ek die geleentheid gekry het
om in daai oomblik net te wees en net te fokus op wie en wat ek binne myself
is. Die ervaring van introspeksie bied ’n belewenis en ontdekking van die self
wat aan die persoon die vaardigehde gee om hulself beter te verstaan en in die
proses die mense rond-om hulle die geleentheid gee om hulle beter te verstaan.
Ons leef in ’n wêreld waar daar ’n
al ewige gejaag is na punt A na punt B en die geleentheid om rustig te raak,
niemand toegewens word nie. Die voorbeeld word deur die volwassenis rond-om ons
gestel dat om vir ’n oomblik rustig te raak, af te vat, tyd saam met jouself te
spandeer, minder geld beteken. Die gejaag kan dan basies gesien word as die
konstante soeke na geld omdat daar geglo word dat geld jou identiteit en
persoonlikheid gaan vorm. Geld gaan maak dat almal van jou hou en jy het nodig
dat almal van jou hou, aangesien dit jou lewe vervul en jou definieer in plaas
van dat die wete van wie jy werklik is jou definieer.
Dit bring my by die klaskamer, waar
ek voel ons as onderwysers ’n veel groter taak het as net die onderrig van ons
kurrikulum vakke. Ons moet die leerders wat voor ons sit beter ambasideers en
burgers van ons land maak. Ons moet toekomstige volwassenis kweek wat ons land
weer op sy voete sal kan bring, na ons huidige volwasse populasie die land op
sy kniee gedwing het.
Dit is nodig dat ons as onderwysers
gebruik maak van die kennis, gereedskap en bronne wat ons tot ons beskikking
het. Dit sluit in die gebruik van tegnologie in ons klaskamers, maar op so
manier dat ons leerders ’n dieper weet van hulself kan ontwikkel, soos die
skryf van ‘n blog. Ons moet ons leerders ’n stem gee om insae te lewer tot
moontlike metodes van onderrig wat vir hulle sal werk. Hulle sal die bydra kan
lewer, as die geleentheid vir self-ontdekking in die klas gekweek word. Wie dan
nou beter om te sê hoe die leer opset moet funksioneer as die wat die onderrig
moet ontvang. Ek dink ons is lank al verby die punt waar voorlees uit ’n
handboek uit voldoende is vir optimale leer om plaas te vind. In die proses,
sien ons leerders dat ons hulle van waarde ag, ons toon dus belangstelling in
ons leerders, en kan ons moontlik in ’n span poging saam met ons leerders die
ervaring van leer optimaliseer. Soos vele gevalle voorheen kan die onderwys
kwessie ook moontlik opgelos word deur spanwerk, maar tussen die regte
individue. Die leerders moet die geleentheid gegun word om hul opinies te kan
lewer, debatte te kan voer en saam met die onderwyser die konteks wat bemeester
moet word te ondersoek. Die proses van deelname sal egter net kan plaasvind as
die leerder hom of haar self ken. Deelname in die klas kan dus verbeter word,
of selfs begin word deur die leerder te leer om “mindful” te wees en so hul
individualiteit te ontdek. Is dit nie tog wat ons wil hê vir Suid-Afrika
nie....individualiteit???
No comments:
Post a Comment