Ons bevind ons-self in ’n era waar Speel dié nuwe “buzzword”
geword het. Leerders word aangemoedig om hulself uit te druk, hulle stemme te
laat hoor, wie hulle is aan die wêreld te toon sonder enige beperkinge. Dit is
selfs ’n fundamentele Mensereg in die Suid-Afrikaanse Handves van Menseregte
(Die reg op Vryheid van Uitdrukking). Maar tot watter vlak kan ons die
onbeperkte denke en optrede toelaat, voor dit nadelig raak vir die sameleweing?
Ons onderwysstelsel, waar leerders in sekere vakke
onderrig ontvang, of hulle nou daarvan hou of nie, plaas leerders in
gestruktureerde boksies. Dus, geen vryheid van menging, opinie, oortuiging of
denke word toegelaat nie. Dit word ’n onderwys struktuur vir ’n rede genoem,
want dit bied struktuur. Op die punt moet ek ook byvoeg dat ek nie glo in die
streng struktuur waar ons leerders soos robotte inligting ingevoer word en daar
verwag word dat hulle goeie burgers van die land moet wees deur gebruik te maak
van die metode van leer nie.
Die fokus val in die situasie op self-gerigte leer, waar
struktuur verwyder word sodat die leerder sy eie struktuur kan skep. Maar tot
op watse punt kan ons die manier van vrye onderrig toelaat? Waar trek ons die
grense van waar vryheid hand uit ruk en ons met ’n generasie van individue sit
wat “gespeel” het op skool en nooit geleer het om iets meer met hul lewens te
maak nie. Ja, hulle is enoverend en het gefokus op dit waarin hulle belangstel,
maar is hulle volrond opgelei om verder te gaan studeer?
Dit bring my by afstands leer en hoe self-gereguleerde
onderrig die medium van leer moontlik kan beinvloed. Ek is totaal en al vir die
idee van afstands leer en glo dat elke individu die reg tot opleiding het, maar
nou wil ons deur die proses van self-regulering afstands leer verder anoniem
maak, aangesien die proses nou sonder kenner struktuur geimplimenteer word aan leerder
wat klaar nie die geleentheid het om ’n tradisionele klaskamer te beleef nie.
Dit bring my by my gusnteling woord die jaar. Balans. Kom
ons vind ’n balans tussen ons regiede onderwys sisteem en ons leerders se
behoefte aan kreatiewe denke en self-regulering van hul onderwys ervaring. Dit
is nou vir tradisionele skole of universiteite en leerders wat van afstands
leer gebruik maak. Ek glo ons kan in ons skole ’n periode of vak skep waar die
leerder leer wat hulle wil leer, waar self-gereguleerde leer kan plaasvind en
die inligting oorgedra kan word aan klasmaats. Op die manier vind
self-gereguleerde leer plaas in ’n gestruktureerde omgewing.
Noem my maar ouderwets, maar ek het nie veel hoop vir ons
land as ons, ons skool sisteem totaal en al self-gereguleerd maak nie.
No comments:
Post a Comment