Ek kan nie vandag se blog begin
sonder ’n bietjie eerlikheid nie.....
Die opdrag vir die week was om ’n
blog te skryf wat handel oor die gebruik en voordele van ’n interaktiewe
witbord as dit kom by die vakke wat ek gaan aanbied van volgende jaar af,
Geografie en Lewensorientering.
Hier kom my oomblik van
eerlikheid....ek moes eers gaan Google wat presies ’n interaktiewe witbord
is...(can’t watch emoticon). Dis ’n term wat al ’n paar keer gebruik is hierdie
jaar, maar ek het nie ’n idee gehad dit is wat dit is nie, alhoewel ek dit al
gebruik het tydens my mikro-onderrig sessies. So nou dat ek weet wat ’n
interaktiewe witbord is kan ek verduidelik hoe ek dit gaan gebruik in my twee
kurrikulum vakke.
Ek dink die interaktiewe witbord bied
’n ongelooflike geleentheid vir klas deelname en interaksie in die klas. Dit
gee die onderwyser die geleentheid om werk op ’n meer geordende wyse aan te
bied en aktiwiteite op ’n meer effektiewe wyse aan te bied. Ek het byvoorbeeld
tydens my Geografie mikro-onderrig sessie ’n blokraai met die leerders gedoen
oor die verskillende tipes migrasie. Die aktiwiteit het ongelooflike interaksie
van die leerders uitgelok, omdat die antwoorde van die blokraai stelselmatig
verskyn het en hulle so op ’n georganiseerde manier as ’n klas saam die
aktiwiteit kon voltooi en mekaar help in die proses. Ek kon ook tydens die les
die verskillende tipes migrasie as ’n konsep eers verduidelike en in die proses
die leerders se voorkennis toets, voor ek die definisie van die term bekend
gemaak het deur op die bord te druk. ’n Ander metode hoe die witbord in die
geval gebruik kon word was om vir elke een van die leerders te vra om die
definisie op die bord te kom skryf, sodat die bord dit in teks verander.
Nog ’n voordeel van ’n interaktiewe
witbord, is dat groep aktiwiteite of ’n dinkskrum gehou kan word. Een van my
Geografie kollegas het van dié metode van groepwerk en data hantering gebruik
gemaak, maar ek glo in Lewensorientering kan dit ook gebruik word. In ’n geval
waar die onderwyser vir die leerders data oor sekere teks wil uitbeeld, kan die
klas gevra word om die data wat hanteer is, soos byvoorbeeld die persentasie
van verskillende tipes voorbehoedmiddels wat algemeen gebruik word in
Suid-Afrika, in ’n sirkel grafie uit te beeld, volgens hulle geskatte waardes
of die werklike waardes, maar op die interaktiewe witbord. Daar kan ook
dinkskrums oor die vasstel van klas reëls op die manier aangebied word. Die
hele klas, onderwyser en leerders, werk dan saam op ’n interaktiewe wyse.
Ek glo dus in die gebruik van ’n
interaktiewe witbord, aangesien dit ’n tipe tegnologie is wat ek graag sal wil
gebruik in my klasse en ek glo deur die tipe interaksie sal leer meer
produktief kan plaasvind, aangesien daar van verskillende leermetodes van die
leerders gebruik gemaak word.