Dit is so maklik om na die woord Degitale Petagogie te
kyk en die idee te kry dat dit seker iets temake moet hê met die Internet en
hoe kennis oor die Internet oorgedra word. In die twee voorgeskrewe artikels
word daar meer gefokus op onderrig wat oor die Internet plaasvind en dat dit
nie Degitale Pedagogie is nie, en dat die term meer kompleks is as die basiese
gedagte wat bogenoemde gesien kan word.
In die laaste drie weke wat ek deel is van die NOS
program is ek oorweldig oor hoe kennis op die interresantste maniere oorgedra
kan word en dat leer bestaan uitsoveel meer as ’n onderwyser wat voor ’n klas
staan en uit ’n handboek uit die leerder onderrig. Onderrig en leer gaan oor
daai ongelooflike oomblik as interaksie plaasvind tussen twee individue op ’n
intellektuele manier. Met die konsep in gedagte vind leer elke dag plaas hetsy
tussen kollegas, ’n ouer en kind of leerder en onderwyser. As onderwysers moet
ons dus saam met onder leerders kennis ondersoek en bemeesters. Ons moet die
metode van leer deel maak van ons Pedagogie.
So, met die vasstel van watter Pedagogie ek gebruik van
wil maak, moet die kollig geplaas word op Digitale Pedagogie. In die artikels
deur Sean Michael Morris maak hy dit duidelik dat Digitale Pedagogie gefokus is
op onderrig wat oor die Internet plaasvind en hoe dié verhouding meer
verpersoonlik moet gemaak word om Digitale Pedagogie te wees. Interaksie moet
dus plaasvind tussen individue vir onderrig om tenvolle plaas te vind volgens
Morris en Stommel. Ek glo in daai interaksie waarna huller verwys en wil graag
daai interaksie van gebruik maak in my klaskamer.
Dit bring my
by wat Digitale Pedagogie vir my beteken. Soos ek in my
vorige blog inskrywing duidelik gemaak het glo ek daar moet ’n balans wees
tussen die gebruik van tegnologie en die witbord in die klaskamer. Ek glo dus
dat leerders die teenwoordigheid van ’n onderwyser nodig het om leer te laat
plaasvind. ’n Bewustheid moet geskep word dat leer nie net gaan oor die oordrag
van inligting nie, dit gaan oor die emosionele konneksie wat gemaak word met
die werk. Werklike interaksie is nodig tussen ’n onderwyser en leerder vir die
emosionele konneksie om plaas te vind. Die emosionele interaksie gaan ook oor
die selfvertroue wat gekweek word by die leerder in verband met die werk wat
onderrig word. Digitale Pedagogie gaan dus vir my oor die teenwoordigheid van
’n onderwyser en ’n leerder in ’n klaskamer situasie en die proses van leer wat
plaasvind deur saam te soek na antwoorde van die vak inhoud wat onderrig word.
Die vak inhoud kan meer interrasant gemaak word deur die gebruik van
tegnologie, maar ek glo onderrig kan defnitief nie plaasvind sonder die
onderwyer nie, hetsy fisies teenwoordig of duisende kilometers ver.
No comments:
Post a Comment