Tuesday, 16 February 2016

If you can’t beat them, join them…of so sê hulle.



Met die aanvang van die eerste paar weke van NOS 2016 word jy as student gekonfronteer met ’n hele paar vrae wat gaan van: “Hoekom NOS?” tot “Wat is Digitale Pedagogie?”. Al vraag wat deur my kop gegaan het is: “Hoe gaan ek die vakke wat ek aanbied so interresant moontlik maak vir my leerders volgende jaar?”

Ons leef in ’n wêreld waar die gebruik van tegnologie aan die orde van die dag is en as toekomstige onderwysers moet ons die beste van dié hulpbron maak (Natuurlik sonder om te afhanklik daarvan te raak). ’n Paar jaar terug sou ek nog geredeneer het dat die gebruik van tegnologie leerders gaan lui maak vir oplet in die klas en leer gaan belemmer. Vandag, sien ek die potensiaal vir die gebruik van tegnologie, veral vir die doel van verreiking. Ek glo die leerders van vandag assosieer met die nuutste slimfone en tablette en miskien het dit tyd geword om te besef dat dit die generasie van vandag se optimale leer platform is.

As ’n toekomstige onderwyser wil ek dus streef daarna om die proses van leer na my klaskamer toe te bring in ’n taal wat my leerder sal verstaan, sonder om die kurrikulum wat voorgeskryf word afteskeep of te verontagsaam. Tegnologie kan in dié opsig gebruik word as ’n hulpbron om leer te optimaliseer. Ek glo die gee van ’n aktiwiteit waar die leerder in die klaskamer die nodige inligting of idees van die internet af kan trek, gaan ’n beter leeromgewing skep, as wat daar net uit ’n handboek uit gewerk word. Die leerder kan dus ’n konsep neem en vry wees om te eksperimenteer en ondersoek in te stel en so kennis intewin.

In die veld van Geografie en Lewensoriëring (wat my spesialiteits areas is) kan die gebruik van YouTube-videos en interaktiewe bronne die leerproses oopbreek vir soveel nuwe moontlikhede. Die medium van leer kan dalk net ’n grootter aanwins wees was wat voorheen geantisipeer is.

Die bogenoemde is dus vir my die definisie van Digitale Pedagogie, die proses waar kennis interaktief oorgedra word aan ’n leerder. Dis ’n proses waar die leerder op sy/haar eie terme kennis opdoen en dit op ’n invloedryke manier. Ek glo die gebruik van tegnologie as ’n hulpmiddel, nie as kern metode van kennis oordra nie, kan leerder inspireer om hulself te verreik met alle moontlike kennis wat hulle kan opdoen omdat hulle interaktief deel is van die les wat aangebied word. Wat anders is die doel van ’n onderwyser??

No comments:

Post a Comment